Die geskiedenis is 'n stelselmatige, chronologiese studie van die verlede met die doel om historiese gebeure so feitlik akkuraat moontlik weer te gee. Gebeure wat plaasgevind het voor die uitvinding van skryf word as voorgeskiedenis beskou. "Geskiedenis" is ’n sambreelterm wat betrekking het op gebeure uit die verlede, sowel as die onthou, ontdekking, versameling, organisasie, voorstelling en vertolking van inligting oor dié gebeure. Historici plaas die verlede in konteks deur die gebruik van historiese bronne soos geskrewe dokumente, mondelinge oorvertellings, ekologiese merkers en materiële voorwerpe soos kuns en artefakte.[1]
Die wat nie die verlede onthou nie is gedoem om dit te herhaal — George Santayana[2] |